Temba Travel

Cresta Churchill - Bulawayo

Matopos Rd-Moffat Ave, Bulawayo, Zimbabwe

Tel: +27 (0) 21 855 0395
ESPREEK NOU >>

Oor Cresta Churchill - Bulawayo, Zimbabwe

Die Cresta Churchill Hotel in Bulawayo, met die ouwêreldse Tudor-argitektuur wat aan vergange se dae herinner, verskaf luukse verblyf in Zimbabwe.

 

Die Plek

Die 3-ster Cresta Churchill Hotel is 6 km van die middestad van Bulawayo in ‘n stil, rustige buurt geleë en word as een van die beste hotelle in Bulawayo beskou.

Die Kamers

By die Cresta Churchill Hotel in Bulawayo, Zimbabwe, gaan gaste tuis in 50 smaakvol ingerigte lugversorgde en suite kamers. Daar is 23 dubbelkamers, 23 enkelbedkamers en 4 suites by Cresta Churchill Hotel in Bulawayo. Al die kamers is toegerus met tee-/koffie-stasies, telefoon, TV, videokanaal, radio, 24-uur-kamerdiens asook ‘n komplimentêre oggendkoerant.

Dubbel Kamer

Cresta Churchhill - Bulawayo - Double Room

Twin Room

Cresta Churchhill - Bulawayo - Pool

Ons Kos

Die Inglenook Restaurant by Cresta Churchill Hotel in Bulawayo bedien kontinentale en volle Engelse ontbyte, asook a la carte of ‘n vasgestelde spyskaart met middag- en aandete. ‘n Uitmuntende wynlys sorg dat etes iets is om te onthou. Ligte versnaperinge word in die binnehof se tuin bedien, terwyl die openbare en privaat dameskroeë tot laat oop is. Gaste kan in die vonkelende swembad afkoel voor hulle ‘n drankie by die dameskroeg van die Cresta Churchill Hotel in Bulawayo, Zimbabwe, geniet.

Cresta Churchhill - Bulawayo - Restaurant
Cresta Churchhill - Bulawayo - Restaurant

Geriewe

Cresta Churchill Hotel in Bulawayo het ook uitstekende konferensiegeriewe, wat met al die nuutste oudio-visuele noodsaaklikhede toegerus is. Veilige parkering op die terrein, asook sekretariële dienste word aangebied, terwyl die toertoonbank jou kan help om die res van jou reis te beplan.

Cresta Churchhill - Bulawayo - Amenities
Cresta Churchhill - Bulawayo - Pool